Project Description
Bestanddele
2 kg goeie kwaliteit ‘rump steak’ in blokkies gesny
sout & peper
4 t garam masala
4 e ongegeurde jogurt
4 tot 5 e olyfolie
2 uie gekap
4 knoffelhuisies geskil en gerasper
5 cm gemmer vars, geskil en gerasper
4 e tamatiepuree
2 e strooisuiker
2 blikkies gekapte tamaties
700 ml beesaftreksel
100 ml Jimmy’s-sous
handvol koljander blare apart en stamme fyngekap
6 tot 8 kardamonpeule
15 tot 20 kerrieblare
6 brandrissies fyngekap
Speserymengsel
4 t komynsaad
4 t koljandersaad
1 t vinkelsaad
1 t fenegrieksaad
4 t medium kerriepoeier
Metode
Sny steak in blokkies, plaas in bak en geur met sout en peper. Sprinkel met garam masala, voeg die jogurt en ‘n skeut olyfolie by en meng deur. Seël bak met kleefplastiek en marineer terwyl jy die res van die kerrie voorberei.
Maak nou die speserymengsel. Braai die komynsaad, koljandersaad, vinkelsaad en fenegrieksaad in ‘n droë pan vir ’n paar minute tot dit geurig word. Plaas in ’n vysel, voeg ’n knypie sout by en maal met ’n stamper tot ‘n fyn poeier. Meng die kerriepoeier deur.
Maak ’n skeut olyfolie warm in ’n swaarboompot of –pan. Voeg uie, knoffel, brandrissie en gemmer by asook die strooisuiker, koljanderstamme, kardamonpeule en die speserymengsel. Plaas deksel op en kook vir 6 tot 8 minute tot die uie sag is. Roer elke dan en wan om te keer dat dit aanbrand.
Seël die steak in ’n warm pan en voeg die uie, geblikte tamaties en tamatiepuree by. Roer oor medium hitte vir ’n paar minute en voeg dan die Jimmy’s-sous, beesaftreksel en kerrieblare by. Plaas die deksel terug en laat saggies kook vir ongeveer 30 minute of tot die vleis sag is. Roer elke nou en dan.
Dien in bakkies op met vars koljanderblare oorgestrooi en basmati-rys as bykos.