Project Description

Bestanddele

50 g Botter
30 ml Sonneblomolie
1 kg Beesstert
40 g Meel
Swart peper vir smaak
1 Medium ui gekap
2 Selderystingels gekap
3 huisies Knoffel groot
gekap
2 takkies Roosmaryn
2 Tamaties in blokkies gesny
2 t Six Gun Grill
400 ml Rooiwyn
100 ml Coca-Cola
50 ml Jimmy’s-sous
2 l Beesaftreksel

Metode

Smelt botter in ‘n swartboom-pot. Rol stukke beesstert in gegeurde meel en braai in botter tot bruin. Haal uit en hou eenkant.
Braai uie in die pot. Wanneer dit begin bruin word, voeg die beesstert, seldery, knoffel en roosmaryn by. Voeg dan die tamaties, Six Gun Grill, Jimmy’s-sous, rooiwyn en Coca-Cola asook 500ml van die beesaftreksel. Kook op die laagste hitte vir agt ure. Roer elke nou en dan. Voeg ‘n verdere 500ml beesaftreksel by soos die vloeistof wegkook, maar maak seker dat die vloeistof nooit al die vleis bedek nie. Let wel: Jy mag dalk meer aftreksel nodig kry indien die potjie onnodig kook.