Project Description

Bestanddele

1.2 kg rump steak in blokkies gesny

Vir die marinade:
1 bottel Windhoek Draught
150 ml Jimmy’s-sous
2 e Six Gun-speserye
2 huisies knoffel fyngemaal
2 e Dijon-mostert
1 e Worcestersous
Kosher sout

Metode

Meng die bestanddele vir die marinade in ’n bak en marineer die steak vir minstens twee ure. Week die sosastiestokkies in water. Ryg steak in die sosatiestokkies.
Berei die rooster voor die medium direkte hitte en braai tot gaar, ongeveer drie minute per kant vir medium. Bedruip met mosterd en bedien warm.